Agt miljoen infeksies wêreldwyd

In Dinsdag se opname word aangedui dat meer as 8 miljoen mense wêreldwyd infeksie opgedoen het, maar dit is minder kommerwekkend as die feit dat baie meer mense hoë risiko pasiënte kan word.

Met die VSA wat steeds die hoogste infeksies het, en waar meer as 200,000 mense reeds dood is, wil dit lyk of die draaipunt nog nie bereik is nie.

Die hoë risiko mense met sekere siektetoestande is waarskynlik die wêreld se grootste bron van kommer, want meer as 1,7 miljard mense van in die hoë risiko kategorie van sekere siekte toestande.

Wetenskaplikes wys daarop dat die kanse van herstel vir hierdie mense veel kleiner is as ander mense, en kan infeksie met die nuwe koronavirus noodlottig wees vir miljoene.

Wêreldwyd het meer as 436,000 mense gesterf en met die VSA in die eerste plek, volg Brasilië en die teenoorgestelde situasie is in die verre Nieu-Seeland waar geen nuwe gevalle is nie en die regering die land as “virus vry” verklaar het.