Afrikaner Selfbeskikking Party nie rassisties nie

Die Afrikaner Selfbeskikking Party (“ASP”), ǹ Christelike nasionalistiese party in Suid-Afrika, verklaar sy solidariteit met al die goeie mense van alle rasse wat as wetstoepassers in die Verenigde State van Amerika optree, en President Trump wat ǹ doelbewuste misdadige aanslag teen die Amerikaanse bevolking onder die skyn van ǹ veldtog genaamd “Black lives matter” trotseer.

Die ASP verag die optrede van die immorele linkses, veral in die media- en politieke sfere, wat doelbewus die ware feite van die publiek weghou sodat hulle die vlamme van rasse-konflik in die VSA en elders in die Vrye Wëreld kan aanblaas.

Die ASP bid dat die goeie mense van die Verenigde State, onder die leiding van President Trump en sy administrasie, geseën sal word met wysheid en krag om hul land van hierdie bose teistering te red.