WVF betaal miljarde aan werkloses

Die Werkloosheid Versekerings Fonds (WVF) het reeds R14 miljard uitbetaal aan werkers wat geraak is deur die koronavirus pandemie.

Die WVF is ’n afdeling van die Departement van Arbeid, en sê die Fonds het reeds aan 149,263 werkers uitbetalings gedoen wat deur 9,362 werkgewers in diens is.

Dit bring glo die totaal tot meer as 2,5 miljoen werkers wat hulp ontvang tydens die inperkings tydperk, en die verwagting is dat baie werkloos gaan bly en steeds gehelp sal word.

Vooruitskouings wat gemaak word deur ekonome sê dit is moontlik dat vier tot ses miljoen mense werkloos gaan word en skryf dit toe aan die pandemie, maar ook weens die resessie en die swak ekonomiese stand van die land.

’n Woordvoerder van die WVF sê die betalings word nou seepglad gedoen, en 24 uur nadat die aansoek goedgekeur is, word die betaling gedoen.