Word SA weer besteel?

Oord die afgelope 25 jaar van ANC-SAKP regering, moes diegene wat die land opgebou het tot ’n ekonomiese reus in Afrika, dien hoe daardie selfde reus geleidelik afgetakel word deur korrupte diewe en onbevoegde mense wat beheer oor alles geneem het.

Die wapen-skandaal, die Transnet fiasko, Eskom, Denel, die SAL en talle ander is voorbeelde van wan bestuur en korrupsie. Dan is daar nog sowat 240 munisipaliteite, wat oor jare getoon het dat hulle benewens uitstekende diens aan die gemeenskap, ook ’n neseier gehad het vir ’n moontlike onverwagse ramp of terugslag.

Binne enkele jare het dit ook verander en sit hulle feitlik almal met so ’n skuldlas dat dit grens aan bankrotskap.

Dit is maar enkele voorbeelde van hoe die SA binne ’n kwarteeu tot ’n bankrot land gedaal het met ’n status wat skande beteken – rommelstatus!

Daar om is dit nie vreemd dat mense nou begaan is oor die moontlikheid van grootskaalse diewery met die miljarde Rand wat skielik vir die pandemie iewers geleen is nie.

As daar grootskaalse stelery kon wees met kontrakte en ander aktiwiteite, dan kan daar met reg kommer gewek word oor hoe die miljarde aangewend word wat  op ’n dag weer terugbetaalbaar sal wees.

Vrae bestaan oor wie nou beheer uitoefen oor hoeveel geld aan wie ook al uitbetaal moet word, en as daar met kospakkies gekonkel kan word, hoeveel te meer nie met die uitbetaal van die enorme bedrae waarvan melding gemaak word nie?