Winsgewende staat entiteit soek geld

Die Lughawe Maatskappy van Suid-Afrika (ACSA) is een van die weinige staats entiteite wat tot voor die koronavirus uitbreking, ’n winsgewende maatskappy was.

Die entiteit het ’n bewese rekord van goeie bestuur en sy finansiële stand was nog altyd een van winsgewendheid.

Nou het die maatskappy bekend gemaak dat hy waarskynlik sowat R11 miljard sal benodig om sy stryd te wen teen die uitwerking van die COVID-19 pandemie.

Die  pandemie wat ’n ernstige verbod geplaas het op die vliegtuie se aktiwiteite, het nou ook die entiteit ingehaal.

In ’n inligtingstuk wat aanlyn vir die lede van die parlement gestuur is, word uiteengesit hoe die pandemie se uitwerking op die bedryf het.

Volgens die inligtingstuk dal die entiteit nagenoeg R11 miljard in die komende 5 jaar benodig om in bedryf te bly.