WGO waarsku teen Madagaskar kruie

Madagaskar kry groot bestellings vir sy kruie waarop hy aanspraak maak dat dit effektief werk teen infeksie van die koronavirus, en die is veral Afrika state wat hulle op die kruie verlaat.

Die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) het egter gewaarsku teen die aanspraak uit Madagaskar aangesien daar geen bewyse bestaan dat die besondere kruie soort, wat klaarblyklik net daar te vinde is, enige genesende krag teen Covid-19 infeksie het nie.

Madagaskar het vroeër die regering van Suid-Afrika gevra om behulpsaam te wees met navorsing om die medisinale waarde van die vreemde kruie te bepaal.

Verlede maande het die president van Madagaskar, Andry Rajoelina, m veldtog van stapel gestuur in ’n nuus konferensie, deur van die snaakse kruie aftreksel te drink wat gebottel is en reeds twee persone genees het van infeksie.

Daarna het ’n afvaardiging uit Tanzanië in Madagaskar aangekom om hulle bestelling vir die kruie-brousel in ontvangs te neem.