WGO: Sjina verhoed Taiwan deelname

Taiwan se Minister van Buitelandse Sake, Joseph Wu, het in ’n persverklaring gesê die aansoek van die land om die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) se virtuele byeenkoms oor die koronavirus pandemie by te woon is voorlopig teruggehou.

Ingeligte bronne en buitelandse media berig dat Sjina, wat Taiwan as deel van Sjina beskou, het daarin geslaag om te voorkom dat Tiwan die geleentheid kan bywoon.

Taiwan sal dus sy pogings laat vaar om deel te neem aan die WGO se vergadering wat Maandag begin sonder dat ’n uitnodiging aan Taiwan gestuur is.

Taiwan sê dat die besluit geneem is nadat gekonsulteer is met vennote en lande wat soos Taiwan dink oor die situasie.

Die WGO se normale gebruik van ’n week lange vergadering in Geneve, is nou verkort tot twee dae van ’n virtuele vergaderings, en sal hoofsaaklik handel oor die koronavirus, en sal sonder deelname van die VSA plaasvind.