WGO reken virus gaan nooit weg nie

Die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) het in sy jongste verklaring daarop gewys dat die COVID-19 virus waarskynlik deel van die toekomstige samelewing gaan bly soos wat HIV situasie nie beëindig word nie.

Die WGO waarsku dat enige raaiwerk oor hoe lank die pandemie, of die teenwoordigheid van die koronavirus nog gaan voortduur, slegs misleidend kan wees.

Die woordvoerder sê dit is belangrik om op die tafel te sit dat die virus het slegs ’n ander virus geword wat die gemeenskappe sal bedreig, en dat hierdie virus moontlik nooit gaan verdwyn nie.

Kenners reken die enigste moontlikheid dat die virus nek omgedraai kan word, is as ’n inenting soos met polio of masels s’n ontwikkel kan word.