Wes-Kaap die swart skaap

Zweli Mkhize

Die Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, sê die toename in koronavirus gevalle is verontrustend maar is toe te skryf aan die swak toestand in die Wes-Kaap.

Sondag het die minister bevestig dat nuwe infeksies in Suid-Afrika verhoog het tot 15,515, en dat die vermeerdering van 1,160 gevalle van die 24 uur tydperk, uiters onrusbarend is.

Van die gevalle was die Wes-Kaap op daardie stadium by verre met die grootste aantal infeksies belas, en is 9,294 gevalle aangemeld.

Intussen het die infeksies in die Wes-Kaap verder gestyg, en Dinsdag is rapporteer dat daar nou reeds meer as 9,000 gevalle is.

 SA het nou 16,433 infeksie gevalle, 286 sterftes, 7,298 herstelde gevalle.