Wêreldwye virus flitse

Brittanje

Brittanje oorweeg verslapping van maatreëls soos om skole te heropen, maar die toename in infeksies stug steeds en die sterftes het nou die 32,000 merk bereik.

Wêreldwyd

Sowat 3,9 miljoen mense in die wêreld het infeksie opgedoen en die terftes het gestyg tot 270,000 en alhoewel seker lande ’n skerp afname in nuwe gevalle toon, styg die getalle steeds in baie lande.

Nuwe vrese

Wêreldleiers vrees dat die situasie kan draai tot ’n twee vlaag van infeksies wat die wêreld ook op ekonomiese gebied tot sy grootste krisis in die afgelope 100 jaar.

Verslapping in maatreëls

In talle lande van Europa word die maatreëls verslap, en Spanje, Italië,  Frankryk, Duitsland en Brittanje het die eerste maatreëls aangekondig wat afgeskaf word, maar verskeie lande weier om nou reeds sulke stappe te neem.