VSA verhoog kernwapen begroting

Die Trump-administrasie het byna $73 miljard in 2019 spandeer op kernwapens wat beteken sowat $136,700 is elke minuut spandeer, sê die Internasionale Kernwapen Instituut in Genève, Switserland.

Van die totale bedrag is $35 miljard vir operasionele en ontwikkeling van kernwapens aangewend, waarvan kernwapen-vermoëns en aflewering stelsels deel was.

Dit het die VSA se belastingbetalers $6 miljard gekos vir die ontwikkeling van kernwapens in 2018,  maar met Rusland, Sjina, Indië en Noord-Korea se verhoogde spandering aan kernwapens, het die Amerikaanse regering groot bedrae bewillig om op die voorpunt te bly.

Selfs Frankryk het sy begroting verhoog terwyl Pakistan die enigste kernwapen moondheid is wat afgeskaal het op sy kernwapen begroting.