VSA skenk ventilators aan Rusland

Die Verenigde State van Amerika het bekend gemaak dat hy 200 mediese ventilators aan Rusland skenk nadat dit bekend geword het dat Rusland nou die tweede meeste infeksies van die koronavirus het.

Dit is slegs Amerika wat meer infeksie gevalle het, maar Rusland het daagliks tussen 9,000 en 10,000 nuwe gevalle, en sy hospitale beskik nie oor die moderne apparate nie, wat behandeling bemoeilik.

Die Russe het nou meer as 300,000 infeksie gevalle, en die daaglikse sterftes wissel van 100 tot 120 per 24 uur.

Die VSA het reeds ’n vragvliegtuig met die eerste 50 ventilators na Rusland geneem, en lewer dit klaarblyklik af in Moskou.

Eerste Minister Mikhail Mishustin sê die medici het daarin geslaag om die vinnige verspreiding te beperk, maar ingeligte bronne sê daar is nog weinig hoop dat Rusland die draaipunt gou gaan bereik.