VSA Senaat steun nominasie vir Intelligensiehoof

John Radcliffe

President Donald Trump het nog ’n oorwinning behaal toe die Amerikaanse Senaat sy nominasie vir ’n hoof van Nasionale Intelligensie goedgekeur het.

 Die republikeinse Verteenwoordiger, John Radcliffe, is deur die president genomineer tot die amp as direkteur van Nasionale Intelligensie.

Die komitee het met 8 stemme teen 7 ten gunste van Radcliffe gestem, maar wat deur die Demokrate geopponeer is.

Die oorwinning in die komitee stadium wys daarop dat die Republikeine ook in die volle Senaat vergadering, wat virtueel plaasvind, te gunste van die genomineerde sal stem aangesien die Republikeine die meerderheid is in die senaat. Die Republikeine het ’n 53 teen 47 meerderheid in die Senaat, en die vermoede bestaan dat die Republikeine almal ten gunste van Radcliffe se nominasie sal stem.

Radcliffe is tot nou ’n lid van die Huis van Verteenwoordigers en dien op die Intelligensie Komitee van die Huis.