VSA ontwikkel hipersoniese missiel

Die Amerikaanse Departement van Verdediging se woordvoerder het bevestig dat die Pentagon ’n reeks hipersoniese missiele en ander wapens ontwikkel.

Die Departement is besig met die ontwikkeling van ’n volledige reeks hipersoniese missiele, het Jonathan Hoffman gesê.

Tydens ’n geleentheid verlede Vrydag in die Ovaal Kantoor van President Donald Trump is die nuwe vlag van die VSA se Ruimte Mag vertoon, waarna die president aan die media gesê het die VSA bou nuwe :ongelooflike doeltreffende toerusting vir die Verdedigingsmag.

Die missiel wat gebou is se snelheid is 17 keer vinniger as wat enige vorige ontwerpte missiel kon bereik waaroor die VSA tot nou beskik het.

Die Russe het ’n missiel ontwikkel wat vyf keer vinniger as die bestaande missiele is, en Sjina sukkel om een te ontwikkel wat ses keer vinniger is as sy bestaande missiele.