VSA kan alle bande sny met Sjina

Die Amerikaanse president het gesê hy sal nie graag  met die Sjinese staatshoof, Xi  Jinping gesprek wil voer om hom te ontstem en aankondig dat hy alle bande met Sjina verbreek nie.

President Donald Trump sê hy mag dit oorweeg om bande met Sjina te verbreek oor die koronavirus pandemie wat duisende mense se lewens geëis het.

Hy het daarop gewys dat die verbrokkeling in die verhouding tussen die twee lande veroorsaak is deur Sjina se hantering van die pandemie.

Trump sê die Sjinese optrede het tot gevolg dat daar reeds meer as 300,000 mense in die wêreld dood is aan die COVID-19 virus.

“Daar is baie wat Amerika kan doen. Ons kan die hele verhouding met Sjina afsny”, het hy geantwoord op ’n vraag van die media.

Die president het daarna gesê as dit sou gebeur, bespaar Amerika $500 miljard as die hele verhouding beëindig word.