Voor einde Mei in Fase 3

Die presidensie het aan die media gesê die ANC se president, Cyril Ramaphosa, en sy kabinet, sowel as die sogenaamde Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings Raad werk na die punt om die grootste deel van die land na Fase 3 te neem voor einde Mei vanjaar.

Die presidensie se woordvoerder, ene Khusela Diko, sê Ramaphosa het tydens ’n “virtuele vergadering” van die span aangedui dat gereed gemaak word om weg te beweeg van Fase 4 ’n Fase 3, maar dat sekere gebiede waarskynlik sal bly in Fase 4 weens die groot aantal infeksie gevalle.

Die vergadering is glo die eerste van sy soort waar die regering en die sosiale partye saam besin het, en dit word voorsien dat sulke “virtuele vergaderings” ook vir die toekoms beplan word.

Die sogenaamde sosiale partye, wie dit ook al mag wees, het glo hulle steun gegee aan die vooruitsig om na Fase 3 te beweeg voor die einde van Mei, maar kenners reken die stap is ietwat te vroeg as die toename in infeksie gevalle in aanmerking geneem sou word.

Die feit dat nuwe infeksies met sowat 800 gevalle per 24 uur styg, is ’n aanduiding dat daar nie te vinnig na Fase 3 beweeg moet word nie, is gesê.