Voedsel pryse kan gevaarlik styg

Die Spar winkelgroep het gewaarsku dat voedsel pryse buitengewoon kan styg weens die maande van algemene stilstand in vele sektore van die voedsel bedryf.

Ekonome het in reaksie hierop gesê hulle het ernstige kommer oor die moontlikheid dat voedsel pryse ’n ongekende hoë styging kan ondergaan, aangesien dit ’n bewese feit is dat pryse nie later verlaag word nie.

Die kleinhandel het deurlopend ’n argument gebruik dat voedsel pryse styg weens die stygende prys van brandstof, maar wanneer die prys verlaag soos wat tans die geval is, word pryse nie ooreenstemmend verlaag nie.

Meningsvormers sê die landbouer was in die gunstige posisie om ongehinderd voort te gaan met produksie, terwyl die brandstof prys dramaties verminder het in die inperkings tydperk, en enige suggestie dat voedselpryse kan styg teen ’n “ongekende” hoe vlak, is blote winsbejag.

Winkeliers wat hulle aan sulke prysstygings skuldig maak, behoort vervolg te word deur die owerheid, is gesê.