Virus: Voorsitter van Mediese Skemas oorlede

Die voorsitter van die Raad op Mediese Skemas, dr. Clarence Mini, wat vir die amp deur die vorige minister van gesondheid aangestel is, is oorlede weens infeksie van die koronavirus.

Die inligting is bekend gemaak deur die Raad se woordvoerder en het daarop gewys dat dr. Mini getaak was om leiding te neem oor die R160 miljard se industrie van mediese skemas sowel as oor die bykans 9 miljoen lewens betrokke by die verskillende mediese skemas.

Die Raad op Mediese Skemas is ’n statutêre liggaam en dr. Minni sou in September vanjaar uitgetree het uit die amp.