Virus: SA se huidige stand

Op 25 Mei was die status van Suid-Afrika met die koronavirus soos volg:

Die sterftes het met 52 verhoog en die totale infeksies het op 23,615 te staan gekom.

Die totale aantal wat van infeksie herstel het, staan nou op 11,917 gevalle, wat in praktyk beteken daar is 11,698 mense wat steeds infeksie het.

Slegs 596,777 mense is getoets waarvan 12,992 toetse binne 24 uur gedoen is.

’n Totaal van 481 mense het nou van die virus infeksie gesterf.