Ventilator veroorsaak talle se dood

Verskeie pasiënte in ’n hospitaal in die Russiese stad St. Petersburg het omgekom toe ’n ventilator aan die brand geraak het.

’n Woordvoerder van die hospitaal sê die ventilator wat gebruik is om ’n pasiënt te behandel wat infeksie van die koronavirus opgedoen het, het klaarblyklik weens die aanhoudende gebruik daarvan oorverhit geraak en aan die brand geraak.

Minstens vyf pasiënte met infeksie het omgekom wat op daardie stadium in die intensiewe sorgeenheid opgeneem is vir behandeling.

’n Geneesheer het later gesê die pasiënte is dood weens die inaseming van toksiese walms wat deur die brandende ventilator veroorsaak is.

Die toksiese gas wat vrygestel is, het reddingswerkers verplig om 150 mense in die intensiewe sorgeenheid en in die nabyegelee vertrekke op die sesde vloer van die hospitaal na veiligheid te neem.

Ingeligte bronne sê die Russiese hospitale is oor die algemeen toegerus met verouderde toerusting, en die opgradering word jaar na jaar uitgestel, wat die taak van personeel l moeiliker maak in krisis tye.