Vandale belemmer heropening van skole

Met klaskamers wat gereedgemaak moet word om Graad 7 en Graad 12 leerlinge veilig te akkommodeer, het vandale glo weer toegeslaan op skole wat gereken is as gereed vir heropening.

Die regering het aanvanklik gesê die skole kan slegs heropen word indien waarborge gelewer kan word dat kinders en onderwysers veilig sal wees.

Nou lyk dit dat te veel skole, en daarmee saam baie klaskamers in die slag gebly het by meer as 80 skole, wat noodwendig tot ’n tekort aan spasie tussen leerlinge sal beteken.

Benewens die feit dat baie geboue, sowel as inhoud beskadig is, het baie skole ook deurgeloop onder ’n vlaag van rooftogte wat elektroniese toerusting soos tablette en rekenaars weggedra het.

Oproepe wat gedoen is dat die polisie eerder die skole moet bewaak teen die strooptogte, het tot niks gelei nie, en dit het vandale in staat gestel om veel meer te steel en weg te dra as wat aanvanklik voor gevrees is.