Valke arresteer man met miljoene dwelms

’n Verdagte is deur die Valke eenheid gearresteer nadat kokaïen ter waarde van R30 miljoen in ’n houer gevind is.

’n Woordvoerder van die Valke sê m intensiewe ondersoek het gelei tot die arrestasie nadat die houer met sy inhoud van elders in die buiteland Suid-Afrika bereik het, en toe deur ’n paar provinsies geneem is voordat dit in Kaapstad beland het.

Die verdagte wat deur die Valke vasgetrek is, is ’n 37-jarige man wat met ’n vragmotor op reis was toe die Valke inligting ontvang het dat hy met onwettige dinge besig is.

Die voertuig is by ’n vulstasie voorgekeer terwyl dit besig was om brandstof aan te vul in die vroeë oggendure van die afgelope Sondag.

Sowat 38 pakke kokaïen van 1 kilogram elk is gevind waarop beslag gelê is en die vragmotor is ook gekonfiskeer terwyl die verdagte gearresteer is.