Vakbonde bevraagteken skole-plan

Dit is veral die onderwys vakbonde in swart geledere wat bedenkinge het oor die ANC se plan oor hoe skole heropen gaan word vanaf 1 Junie.

Die vakbonde beskuldig die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, dat sy nie die werklike beeld skets van hoe skole heropen gaan word nie.

Die bekommernis oor hoe skoolgaande leerlinge beskerm sal word teen moontlike infeksie met die koronavirus, is deur die vakbonde geopper, en voeg by dat skole hoegenaamd nie ingerig is om kinders te beskerm teen die virus nie.

Die SA Demokratiese Onderwys Unie sowel as die Suid-Afrikaanse Onderwysers Unie en die Nasionale Professionele Onderwysers van SA het besware geopper oor wat bekend gemaak is en waaroor daar groot onduidelikheid bestaan.

Die vakbonde sê hulle het hul eie navorsing gedoen oor die nasionale spektrum van belangrikheid oor skole se gereedheid tussen 16 en 18 Mei.

Die vakbonde sê in ’n gesamentlike verklaring dat die doel van die navorsing is twee voudig, deur die verhouding tussen vakbonde en die departement te versterk wat dieselfde doelwitte nastreef, en tweedens om te verseker dat skole veilig is vir onderwysers en leerlinge om daarheen terug te keer.