Trump dreig om WGO bydraes te staak

President Donald Trump het weer gewaarsku dat die VSA sy bydraes tot die Wereld Gesondheid Organisasie (WGO) sal vries tensy die organisasie aansienlike verbeterings aanbring in die volgende 30 dae.

Washington het reeds betalings teruggehou wat bedoel is vir die WGO in April, maar beskuldig die organisasie dat hy Sjina aanhang en daarmee poog om die beskuldigings van nalatigheid met sy verspreiding van die koronavirus te bedek.

Maandag het President Trump op die sosiale netwerk sy brief aan die WGO se Direkteur-Generaal, Tedros Adhanom Ghebreyesus, vertoon.

In die brief wys die president daarop wat die WGO se tekortkominge is met die hantering van die pandemie en sy neiging om naby Sjina te beweeg.

Hy gee die WGO 30 dae tyd om die posisie reg te stel, en indien dit nie bereik word nie, sal die VSA sy bydraes vries.