Trouring terug gevind na 80 jaar

’n Duitse dame wat gedink het sy sal nooit weer haar trouring sien nadat dit per abuis in 1940 in ’n toilet geval en weggespoel het nie.

Maar 80 jaar later het ’n amateur se metaal-verklikker die ring opgespoor in ’n minder aangename omgewing.

Die ring is werklik agt dekades later in ’n vrugte boord, sowat 45 km ten suide van Berlyn, in die deelstaat Brandenburg gevind.

Die ring wat behoort aan Margarete Herzog, wat per ongeluk die ring laat val het in ’n openbare toilet, was bitter hartseer toe sy sien haar ring het weggespoel, het haar dogter later vertel.

Haar dogter, Sonja Güldner se haar moeder is in 1996 in die ouderdom van 87 oorlede, en het geweet sy sal nooit weer haar ring kry nie, maar die dogter was baie verbaas toe die ring aan haar getoon word wat sy dadelik herken het. 

Die eienaar van die vrugteboord het water van die rioolplaas gekry vir sy bome, wat ook die verklaring is van hoe die ring daar beland het.

Die argiewe in Duitsland het vir die datum wat op die ring gegraveer is, net een huwelik aangedui, en dit is die troudatum van Margarete Herzog.