Te swak leierskap in kabinet

Neal Froneman

In ’n mediaberig wat pas verskyn het, word die regerende ANC regering en sy kabinet in die besonder, beskuldig van swak leierskap in die tyd van die pandemie.

Die swak leierskap op kabinet vlak is die hoofrede waarom die land se ekonomie in so ’n swak toestand is, en dit lei tot onherstelbare skade, sê Neal Froneman, Hoof Uitvoerende Beampte van die wêreld se grootste platinum groep.

’n Anonieme ekonoom van Pretoria sê die besluitloosheid van die regering is nie net ’n teken van swak regering nie maar ook ’n beskuldiging van onkundigheid om die Amerikaanse resep na te volg wat die ekonomie ’n groot hupstoot kan gee.

Meningsvormers reken dit was nou ’n gulde geleentheid vir die Minister van Finansies om ’n reuse deurbraak vir sy party te maak deur sterk ekonomiese vooruitgang op te wek met verminderde belastings en verhoging in werksgeleenthede.