Taxi bedryf sal verander word

Die ANC se Minister van Vervoer, Fikile Mbalula, het aangekondig dat aansienlike veranderings aangebring gaan word in die taxi bedryf.

Die veranderings sal glo van toepassing wees tydens die inperkings tydperk, sowel as in die tyd daarna, en sal glo in werking kom met die veranderinge na Fase 3 van die inperking regulasies.

Alhoewel die nuwe bedeling eers later bekend gemaak sal word, het die minister gesê diegene wat betrokke is in die bedryf sal verplig word om ’n ooreenkoms te onderteken.

Die nuwighede sal glo in Junie van krag wees aangesien die openbare vervoer nie ten volle benut kan word weens die pandemie en die inperkings nie, wat beteken dat die taxi bedryf ’n groter rol sal vervul in die vervoer van mense wat daagliks na hulle werkplekke moet reis.