Taiwan verwerp Sjinese inlywing

President Tsai Ing-wen van Taiwan, wat vir ’n tweede termyn verkies is ad president van die land, het gesê haar land jan nie toestem om deel van Sjina te word soos wat die kommunistiese regering voorgestel het nie.

Die vroulike president het met ’n groter meerderheid die presidentsverkiesing gewen te midde van pogings deur die Sjinese regering om ’n kommunisties gesinde kandidaat te laat seëvier.

Sjina se “een land, twee stelsels” beleid om Taiwan finaal om te keer tot ’n kommunistiese bestel, het weer misluk maar verhoog die spanning tussen die twee lande.

President Tsai Ing-wen sê Taiwan verwerp die Sjinese se plan om haar land se soewereiniteit op te eis en Taiwan uit te lewer aan ’n ewigdurende verslegting van omstandighede wat gekamoefleer word.

Tydens haar toespraak met die inhuldiging geleentheid vir haar tweede termyn het sy gesê die verhouding tussen die twee lande het ’n historiese punt bereik, en beide het ’n verantwoordelikheid om ’n weg te vind vir die toekoms.