Suid-Afrika: die mees ongesonde mense

’n Studie wat pas afgehandel is dui aan dat Suid-Afrika is die “mees ongesonde mense in die wereld” volgens ’n opname wat strek oor 156 lande van die wêreld.

Die mense van Suid-Afrika het in die navorsingswerk heel onder op die lys van al die lande verskyn, en die rede laat die wenkbroue lig.

Die redes sal vir menige inwoner van Suid-Afrika ’n skok wees, en mense van die land sal swaar sluk aan die bevinding.

Die slegte nuus is die laaste ding wat enige land wil hoor in die tyd terwyl die koronavirus pandemie maai onder die wereld se mense.

Tien kategorie is gebruik in 207 lande of gebiede en lande wat punte verloor is geleidelik afgeskuif op die lys van al die lande wat deel is van die studie.

Uiteindelik is 156 lande se gegewens as juis en korrek gevind en kon die kategorië punt gewys gemeet word.

Die inligting is via die Wêreld Gesondheid Organisasie bekom, asook vanaf die Wêreld Bank en die Internasionale Diabetes Stigting.

Die deskundiges wat die studie gedoen het, het dinge soos lewensverwagting, die graad van siektes en geestes gesondheid aangeleenthede in aanmerking geneem.

Suid-Afrika se telling was laer in die grootste aantal kategorië, gebasseer op die volgende:

Die burgers van SA is die wêreld se mees ongesonde mense en het laaste plek behaal teenoor ander lande.

Dit word toegeskryf aan die lae lewensverwagting en die hoe insidente van werkplek ongelukke, tesame met alkohol verbruik en kankers onder die mense.

Die wyer wordende gaping tussen ryk en arm mense word beskou as die dominerende faktor en manlike mense tel onder die laagste, en laer as die gemiddelde met geestelike welstand, terwyl die vroulike deel van die bevolking in die laste twintig lande van die wêreld sorteer.