Standard & Poor’s degradeer SA verder

Die graderings Agentskap Standard & Poor’s (S&P) het Suid-Afrika se krediet waardering dieper in die rommelstatus laat beland met sy jongste verslag.

Alhoewel die vooruitsigte vir SA van negatief na stabiel verander het volgens die Agentskap, het bykomende druk op die land se finansiële stand gekom wat die ekonomiese groei nog verder beïnvloed en word verwag dat ’n daling in die groeikoers van 4.5% verwag kan word vir 2020.

Die verswakking in die groeikoers is egter beter as die SA Reserwe Bank se verwagting van 6.1% daling.

Die ANC regime het sy teleurstelling uitgespreek oor S&P se jongste graderings resultaat, maar ekonome reken die graderings agentskap het niks meer gedoen as wat verwag is nie.