Sou dit waar wees?

Volgens ’n Engelse Sondagkoerant is die Minister  Nkosazana Dlamini-Zuma (NDZ) direk betrokke as voordeeltrekker by die verkope van swartmark sigarette, wat glo ook verklaar waarom sy dit in haar voorstel vir Fase 3 steeds verbied dat sigarette in winkels verkoop word.

Klaarblyklik het die gerug ontstaan by ’n voormalige sigaret en alkohol smokkelaar wat ook by ander bedrogsake betrokke was, sowel as by geldwassery.

Volgens die persoon het die voormalige president, Jacob Zuma, vir ’n tydperk lank sowat R1 miljoen per maand betaal deur die smokkelaars wat as sekuriteit maatskappy geopereer het en ’n vriend van die president is.

Volgens die persoon het die voormalige president ook nie sy belasting opgawes vir die eerste 5 jaar van sy bewind, ingehandig nie.

Vermeende tanak smokkelaars het derduisende Rand elke maand betaal vir etlike jare lank terwyl Jacob Zuma aan bewind was en waarvan groot bedrae aan Zuma se seun Edward betaal is vir sy politieke invloed.

Die verkope van swartmark sigarette sou geld genereer vir die finansiering van ’n toekomstige presidentsverkiesing om Nkosazana Dlamini-Zuma aan bewind te stel.

Die Vryburger kon nie vasstel of die gerugte en berigte feitelik korrek is nie, maar waarnemers reken dit kan die rede wees waarom die minister drankverkope wil wettig maar nie sigaret verkope nie.