Skole heropen deels op 1 Junie

Die aankondiging van die minister dat skole se besture en onderwysers gereed moet wees om op 1 Junie aan te meld by hulle skole, het ’n geskarrel veroorsaak by menige wat gereed moet maak.

Minister Motshekga yhet nadat sy vyf keer die tyd van aankondiging verander het, gesê die skole heropen eers vir Graad 7 en Graad 12 leerlinge.

Sy het bygevoeg dat skole wat nie gereed is en die vereiste veiligheidsmaatreëls kan instel om die koronavirus se verspreiding te voorkom by die skole nie, eers moet sorg dat hulle alles gereed het voor dit kan heropen.

Skole moet alle klaskamers deeglik behandel met sanitasie middels, en moet die skool daagliks beveilig teen enige moontlike infeksie toestand.

Die heropening van skole kom in ’n tyd wat gelyktydig van krag word met die instel van Fase 3 van die inperkings maatreëls.

Deskundiges wys daarop dat die maatreëls gebrekkig is aangesien baie skole nie gereed sal wees om die vereistes na te kom nie, wat ’n groot aantal kinders sal benadeel.