Sjinese ambassadeur dood in sy huis

Du Wei

Die polisie in Israel ondersoek die omstandighede van die dood van die Sjinese ambassadeur wat in sy huis in Tel Aviv gevind is.

Die 58-jarige Du Wei wat as Sjinese ambassadeur in Tel Aviv gewoon het, se lewelose liggaam is Sondag in sy huis gevind.

’n Sjinese woordvoerder in die ambassade het geen kommentaar gelewer oor die moontlike oorsaak van die man se dood nie.

Die ambassadeur was getroud en het met een seun sy pligte opgeneem in Februarie vanjaar en die eerste berigte lui dat die man in sy slaap dood is.

Voordat hy na Israel verskuif is deur die kommunistiese regering in Beijing, was hy ambassadeur in die Oekraïne.

Sy dood kom enkele dae nadat hy skerp kritiek uitgespreek het oor die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Mike Pompeo.