Sjina se virus leuens oopgevlek

Bewerings dat Sjina 24 keer leuens die wêreld ingestuur het oor die koronavirus, het nou in die media neerslag gevind wat deur politieke leiers in Amerika vrygestel is.

Die VSA beweer dat die leuens betrekking het op die nuwe koronavirus wat sy ontstaan in Sjina het en deur die wereld versprei het.

Die Sjinese Minister van Buitelandse Sake het egter die grootste aantal media verklarings oor die afgelope week saamgestel om die beskuldigings te verwerp wat veral deur die Minister van Buitelandse Sake in die VSA, Mike Pompeo, gemaak is teen Sjina se optrede in die hantering van die virus.

Minister Pompeo het herhaaldelik beklemtoon dat Sjina sekere belangrike inligting oor die Covid-19 virus terug te hou en dat die virus inn laboratorium in Wuhan ontwikkel is.

In ’n lywige dokument van nagenoeg 11,000 woorde, het die VSA uitewys hoe die Sjinese sekere inligting verswyg het.

Die dokument begin met ’n aanhaling van wat ’n vorige Amerikaanse president, Abraham Lincoln, per geleentheid gesê het:

“Jy kan party van die mense altyd mislei, en jy kan al die mense soms mislei, maar jy kan nie al die mense altyd mislei nie”.

Die dokument bevat ’n bewering wat lui dat die VSA reeds infeksies gehad het van die koronavirus voor die eerste geval in Wuhan, waar dit begin het, deur Sjina bevestig is.