Sigarette maklik te koop gevind

Te midde van die regering se verbod op die verkoop van sigarette, blyk dit noudat die maatreël werklik geen doel dien nie.

In die Wes-Kaap het dit ondersoekers minder as 5 minute geneem om ’n pakkie sigarette gekoop te kry by die onwettige smouse.

Daarna het dit dieselfde persoon slegs drie minute geneem om ’n tweede pakkie sigarette by ’n ander persoon te koop.

Dit het daarna nog vier minute geneem om die derde pakkie te bekom, wat ’n aanduiding is dat die onwettige handel met sigarette nou ’n winsgewende, en onuitwisbare bedryf geword het.

Die tabakmaatskappye het van die begin van inperkings gewaarsku dat die Ontvanger van Inkomste miljoene Rand aan sonde-belasting gaan verbeur terwyl onwettige handel die bedryf gaan oorneem met sigarette wat veel goedkoper is as dit wat in winkels te koop sou wees.

Persone wat gewoond geraak het om hulle sigarette by die smouse te koop, nie weer op ’n wettige wyse sy rookgoed sal koop nie.