Sentraal Transvaal gaan na Fase 3

Die premier van Gauteng het gesê die provinsie sal na Fase 3 verskuif aangesien hy slegs 15% van die totale infeksies van die land het.

Die skerp styging in infeksie gevalle van koronavirus word in die Wes-Kaap ondervind, maar die provinsiale premier reken hulle is gereed om oor te skakel na Fase 3 te midde van die feit dat meer as 60% van die infeksie gevalle in die Wes-Kaap voorkom.

Die Vrystaat sê hulle is ook gereed om na Fase 3 te gaan, behalwe Bloemfontein wat nie sal kwalifiseer nie.

Intussen is die land se totale infeksies gister bekend gemaak, en het nou gestyg tot 17,200 en 26 mense met infeksie het in die afgelope 24 uur gesterf wat die totaal nou op 312 sterftes bring.

Sowat 490,000 mense is getoets, maar die klagte bestaan dat baie van die toetse se uitslae te lank neem, en dat infeksie gevalle eers 14 dae later in kennis gestel word, wat meebring dat hulle baie ander mense aangesteek het.

Die Wes-Kaap het nou 10,639 aangemelde gevalle van infeksie, wat 62% van die land se gevalle is.