SAL se massiewe verliese bekend

Die onverantwoordelike optrede van SAL se direksie en bestuur, is nou aan die lig gebring en behoort te lei tot die onmiddellike likwidering van die bankrot staats entiteit.

Dit is die mening van ’n bekende ekonoom nadat dat bekend geword het dat SAL sedert 2017 nooit sy finansiële state aan die parlement gelewer het soos wat vereis word nie.

Hy sê die regering is derhalwe ewe skuldig aan wanbestuur omdat die redery al in 2018 bankrot verklaar en tot niet gemaak moes word weens die wanbestuur en versuim om state beskikbaar te stel.

Die SAL se state sal nou eers aan die parlement voorgelê word, en dit is duidelik in die state dat daar vir die jare 2018 en 2019 gesamentlik, ’n verlies van meer as R10 miljard getoon is.

Die ANC regering is dud net so skuldig aan wanbestuur deur toe te laat dat die bankrot redery voortgaan as bedryf terwyl geen finansiële state beskikbaar gestel word soos vereis is nie.