SA: Virus kan duisende sterftes veroorsaak

Tot hede het die ANC regime geswyg oor die moontlike uitkoms van die koronavirus pandemie in Suid-Afrika.

Benewens die finansiële impak wat die land tot ’n tweede Zimbabwe lei, is daar die groter kwelling, dat duisende mense van nou tot November hulle lewens kan verloor.

ANC regeringswoordvoerders swyg oor wat kan kom in die maande wat voorlê, maar as gekyk word na die stygende kurwe van infeksies en sterfgevalle, word beraam dat daar teen die einde van November so veel as 40,000 mense kan beswyk aan die aansteeklike koronavirus.

Die wintermaande lê en wag, en die vermoë van die gesondheidsdienste is uiters beperk terwyl hospitale nie die toenemende getal infeksie gevalle sal kan akkommodeer nie.