SA Statistieke bied nuwe gegewens

Die Suid-Afrikaanse Statistiekdiens het pas ’n nuwe opname gemaak waarin meer as 8% van die deelnemende respondente hulle werk verloor het of hulle sakeondernemings moes sluit as gevolg van die pandemie.

Die opname het ’n studie ingesluit oor wat die impak van die koronavirus pandemie het op werkers en die inkomste van mense in Suid-Afrika.

Die opname is glo gedoen tussen 29 April en 6 Mei. En volgens die verslag wat gelewer is, het 89% van die respondente wat werknemers was voor die uitbreking en die inperkings, het hulle werk behou tot nou toe.

Talle het aangedui dat hulle oorleef het deur hulle spaargeld te gebruik, terwyl ander daarin geslaag het om daarmee wat hulle gehad het in die vorm van beleggings, deur te kom.

Lenings wat aangegaan is by vriende en familie het van 1,7% tot 3,3% gestyg en eise ingestel by die Werkloosheid Versekering Fonds het van 0,3% tot 2,1% gestyg.