SA Reserwe Bank hersien koerse

Die Suid-Afrikaanse Reserwe Bank het gister aangekondig dat die uitleenkoers met ’n verdere 50 basis punte verlaag word.

Die vermindering in die koers sal tot voordeel strek van diegene wat lenings en verbande het, en kan ’n aansienlike verskil maak op die paaiemente wat maandeliks betaal word.

Ekonomiese adviseurs beveel aan dat waar moontlik, mense nie hulle verband paaiement moet verminder met die verlaging van die rentekoers nie, en op die manier die kapitaal vinniger delg.

Die uitleen koers het nou tot 3,75% gedaal, en is die vierde keer dat verlagings aangekondig word in die afgelope maande.