Russiese infeksies steeds hoog

Uit Moskou word berig dat die infeksies ietwat minder geword het, maar steeds wissel tussen 9,000 en 10,000 nuwe gevalle van  COVID-19 gevalle elke 24 uur.

Landswyd is 272,043 infeksie gevalle aangeteken verlede Saterdag, en 110 mense het in dieselfde tyd gesterf, wat die totale sterftes nou op 2,537 te staan bring.

Die VSA is egter die hardste getref en Saterdag was daar bykans 1,5 miljoen mense wat infeksie opgedoen en 88,507 wat reeds gesterf het.

Intussen het die Amerikaanse koerant, Fox News, berig dat ’n teenmiddel gevind wat 100% doeltreffend is.

Dit is opvallend dat daar slegs enkele van die koerante in die VSA melding maak van die ontdekking, terwyl Europese koerant nie ’n woord rep daaroor, wat ingeligte bronne laat dink dat die afguns op mekaar in die wêreld van die wetenskap nou sterker as ooit na vore kom.