Ramaphosa praat vleitaal oor virus

Alhoewel daar waardering moet wees dat die regering seker probeer om menselewens eerste te stel, is dit ewe gevaarlik as die ekonomie so verswa bly dat mense beswyk weens ’n tekort aan lewensmiddele.

President Ramaphosa het gisteraand gesê wat almal wil hoor, en dit is dat fase 3 ingestel gaan word, maar dat dit ni oral gelyktydig sal wees nie, hinder die groter stede waar fase 4 nog van krag sal bly, afhangende van die aantal infeksies.

Dit lyk of Fase 3 aan die einde van Mei in die grootste deel van die land van toepassing sal wees, maar dat groter gebiede soos Durban, Johannesburg en Kaapstad gaan waarskynlik net geringe verslapping geniet as die toename in nuwe infeksies steeds styg.

Dut is egter musiek in die ore van diegene wat eis dat Fase 3 nou van krag word, maar die kommerwekkende is dat die infeksie van COVID-19 gevalle reeds verby 12,070 strek en 219 sterftes is aangemeld.