Ramaphosa kry hewige kritiek

Bantu Holomisa

Dit is nie net ekonome en finansiële deskundiges wat teleurgesteld is met die ANC president se inligting van Woensdagaand nie, maar ook politieke leiers het hulle teleurstelling getoon.

Die leier van die UDM, Bantu Holomisa, het gesê die president het “niks gesê” nie maar baie gepraat, en ander sê die president het die doelpale misgekyk.

Kenners het ook gewaarsku dat die president se aankondiging dat sekere dele van die land na Fase 3 kan oorgaan, ’n gevaarlike toestand kan skep met die ongedissiplineerde in die stedelike gebiede wat sal optree asof die verslapping oral van toepassing is.

Die afgelope week het die polisie en weermag moeite ondervind om te keer dat mense nou in beweging kom asof fase 2 reeds ingestel is.