Polisie konfiskeer swartmark sigarette

Die insmokkel van sigarette uit Zimbabwe het die afgelope maande skerp toegeneem, en alhoewel die polisie die naweek op ’n groot besending gekonfiskeer het, is dit slegs die punt van die ysberg.

Terwyl daar sprake is dat Fase 3 voor einde Mei ingestel gaan word in die plattelandse gebiede, is die groot vraag na sigarette in die stedelike gebied en daarom sal die swartmark handel nie maklik gestop word nie.

Die deurgang by die noordelike provinsie na Zimbabwe is die naweek deur die polisie dopgehou, en met ’n gesukkel is R1,4 miljoen se sigarette uitgeruil wat met vier voertuie deur die grens beweeg het.

Limpopo is daarvoor bekend dat hy die provinsie is waar die sigarette uit Zimbabwe ingesmokkel word na Suid-Afrika.

Kenners wys daarop dat die besending maar ’n druppel in die swartmark emmer is, en die feit dat die polisie nie daarin kon slaag om al die belhamels aan te keer nie, bevestig weer dat smokkelaars nie net goed is met onwettige handel nie.