PnP verkoop verrotte vleis

Sowat agt winkels van Pick n Pay moes hulle deure sluit omdat hulle vleis en ander voedsel verkoop het wat reeds verrot het.

Die winkels, wat glo onder beheer is van uitlanders is gesluit omdat hulle almal die wet oortree het, sê Faith Mazibuko van die ANC regime.

Een van die winkels in Evaton Mall is betrap dat hy verrotte vleis en goedere wat reeds verval het, verkoop aan kliënte.

Mazibuko en gesondheidsinspekteurs het die winkel se slaghuis afdeling ondersoek en die verrotte vleis gevind, asook bloed op die vloere.

Die ondersoek is ook in die rakke voortgesit waar talle artikels wat reeds verval het, gevind is.

Nog winkels is besoek waarvan sommige in Sebokeng is en ander swart gebiede geleë is en in beheer is van uitlanders.

Van die uitlanders is in hegtenis geneem sowel as van die werkers weens beweerde bedrog nadat gevind is dat hulle met vervalste dokumente hul ondernemings bedryf.