PetroSA koop dalk Sasol vulstasies

Die Sentrale Energie Fonds wat ’n staats entiteit is, en wat hoofsaaklik in die olie en gas bedryf is met PetroSA, onderhandel tans met Sasol om vulstasies oor te neem.

Die Sasol nywerheid het klaarblyklik kontantvloei probleme wat deels toegeskryf word aan die inperkings regulasies wat die brandstof verkope tot ’n laagtepunt gedwing het.

Sasol kan waarskynlik lig in ’n tonnel sien as hy sowat R2 miljard kan kry vir die verkoop van sekere vulstasies in sy besit.

Die vervaardiger van sintetiese brandstof uit steenkool sukkel glo om sy skulde vereffen te kry, en het met onderhandelings begin in die hoop om van sy vulstasies te verkwansel.