Paniek styg oor sterftes

Paniek is besig om te styg in sekere dele van die land nadat aangekondig is dat die koronavirus se sterftes in die afgelope 24 uur met 30 nuwe gevalle gestyg het.

Die infeksie gevalle het Donderdag met 1,100 nuwe gevalle gestyg tot 19,137 gevalle om nou die 20,000 merk te nader.

In Engeland het die sterftes reeds die 43,000 merk verby gegaan en is die land nou die swaarste getref van alle Europese lande.