Pandemie spaar baie lewens

Die koms van die COVID-19 virus het baie lewens gespaar in Suid-Afrika, en ontleders reken dit gaan nog ’n tyd lank so voortduur.

Voor die pandemie losgebars het, was Suid-Afrika geëtiketteer as die land in Afrika waar die meeste moorde per dag gepleeg word.

Die syfers toon dat daar in November gemiddeld 55 moorde per dag gepleeg word, wat beteken daar kan 1500 mense vermoor word elke maand.

In die afgelope maande sedert die pandemie oorgewaai het na Suid-Afrika, het die moorde met meer as 80% verminder.

Sedert Januarie tot middel Mei het die COVID-19 infeksies die dood van sowat 400 mense veroorsaak, wat kwalik met agt dae se sterftes voor die pandemie vergelyk kan word.

Die meer as vier maande het 400 sterftes aan infeksie veroorsaak, maar in die normale gang sou daar reeds meer as 9,000 mense vermoor gewees het.

Die inperking het veroorsaak dat die moordenaars ook nie hulle slagting kon voortsit nie, maar bewerings word gemaak dat die verkragtings tydens die inperkings veel hoër is as gewoonlik.