Orange Farm wil nie laat toets

Baie inwoners van die swart woongebied Orange Farm weier om hulle te toets vir die moontlikheid dat infeksie opgedoen is.

Die inwoners sê hulle wil nie getoets word nie, en wil ook nie toelaat dat hulle met die toestel geskandeer word om te bepaal of hulle ’n styging in koors toon nie.

Die inwoners sê hulle glo hoegenaamd nie die bewerings dat ’n koronavirus teenwoordig is nie, en het gevolglik geen rede gesien waarom hulle met :vreemde toerusting” getoets moet word nie.

Een van die inwoners sê hulle sal eers glo daar is so ’n koronavirus wanneer een van hulle mense daaraan gesterf het, maar hoegenaamd nie voor dit gebeur het nie.

Dit lyk asof geen persoon in die woonbuurt wat wel bereid was om getoets te word, infeksie opgedoen het nie.