Oprigting van VSA Grensmuur vorder

’n Konstruksie maatskappy van Noord-Dakota het die kontrak gekry om ’n verdere 70 kilometer grensmuur tussen Amerika en Meksiko op te rig.

Die gedeelte van die grensmuur sal opgerig word teen ’n koste van $1,3 miljard te midde van die enorme krisis wat die VSA beleef met die uitbreek van die COVID-19 pandemie.

Die muur is deel van President Trump se belofte aan die kiesers dat ’n muur oor die hele afstand tussen die twee state aangebring sal word om die instroming van onwettige immigrante te stop.

Senator Kevin Cramer, die Republikein van Noord-Dakota het bevestig dat die kontrak toegeken is aan ’n groot maatskappy en bygevoeg dat die 70 kilometer seksie deur Fisher Sand en Gravel Co. opgerig sal word.

Die kontrakteurs is een van sewe wat in 2018 goedgekeur is om die $5 miljard muur te bou tussen Meksiko en die VSA.